23 stalletjies by die mark

Ons verkoop biltong en chillibites by stalletjie 7A
Warm brood, roosterkoek en melktert reguit uit die oond. Elke oggend vars gebak.
Vars gebrande boontjies en warm cappuccino terwyl jy loop.
Handversorgde bonsai-bome vir binne en buite. Kom besoek ons klein tuin.

Selluler
Vars vleis, wors en spanspek. Ideaal vir vanaand se braai.
We sell dog treats
Unieke geskenke, kaartjies en versierings. Ideaal vir spesiale geleenthede.
Natuurlike seep met olies, kruie en heuning. Sag vir sensitiewe vel.
Handgekerfde snyplanke, bakke en tafelversierings.
Huisgemaakte konfyt, atjar en marmelade. Ouma se resepte.
Handgemaakte leergordels, beursies en tasse. Egte leer, egte handwerk.
Klein familie-bykorwery met heuning uit die Rosendal-berge.
Rou heuning van bloeisels in die Vrystaat. Nooit verhit of gefiltreer nie.
Geniet heerlike vars pannekoeke, met sorg voorberei en gemaak van gehaltebestanddele. Kies uit 'n verskeidenheid smaaklike vulsels en geure β perfek vir 'n vinnige happie of 'n lekker bederf. Kom kuier gerus en ervaar egte tuisgemaakte smaak!
Vars gesnyde blomme en ruikers reguit uit die plaas se tuin.
Vry-lopende plaas eiers, versamel elke oggend. Groot en bruin.
Vars geoeste seisoenale groente. Direk van die plaas na jou bord.
Ambagtelike kaas van vars Jerseymelk. Ideaal vir kaasborde en piekniek.
Handgemaakte biltong volgens 'n ou familie-resep. Sag, geurig en altyd vars gesny.
Natuurlike hondekoekies en katkos. Sonder preservatiewe.
Vars Jerseymelk, karringmelk en jogurt. Elke oggend vars ingebring.
Seisoenale vrugte, direk van boorde in die Vrystaat en Wes-Kaap.